LIBERALE TEOLOGIE

LIBERALE TEOLOGIE. In die liberale teologie van die 18de en veral 19de eeu was sowel die godsdiens* in die algemeen as die Christendom* in die besonder hoofsaaklik as ’n binnewêreldse verskynsel gesien wat uitsluitlik in menslike terme beskryf moes word. God is nie as ’n transendente* werklikheid bo en buite die menslike bestaan gesien nie, maar as ’n dimensie daarvan. Die teologie* het antropologie* geword. Die misplaaste vertroue van mense in hulleself, soos dit ook in die liberale teologie tot uitdrukking gekom het, is deur die katastrofe van die Eerste Wêreldoorlog* (1914-1918) vernietig, en het in die teologie daartoe gelei dat teenoor die optimistiese mensbeskouing van die liberale teologie daar weer ruimte gekom het vir die insig dat die mens sondaar* is en behoefte het aan verlossing wat slegs deur die transendente God voorsien kan word en met name deur ’n Verlosser* wat méér as net mens is. (Kyk ook by: Liberalisme en: Neo-Ortodoksie.)

 

Sidebar