LIBERTINISME
LIBERTINISME is ’n beskrywing van ’n vorm van vrydenkende filosofie, en is die eerste keer op ’n minagtende manier deur die 16de-eeuse hervormer Johannes Calvyn* gebruik van ’n Nederlandse Anabaptistiese* sekte wat ’n groot aantal van die gevestigde samelewingswaardes verwerp het. Die term het die betekenis verkry van liberaal vrydenkend met betrekking tot sosiale en religieuse norme, en word vandag met “libertarianisme” vereenselwig wat die klem lê op indiwiduele vryheid in handelingswyses met betrekking tot die eie liggaam en die eie besit, solank hulle nie op dieselfde vryheid van ander mense inbreuk maak nie.