LIDIA

LIDIA was ’n vrou uit Tiatira* wat in Filip­pi, Masedonië*, gewoon het. Tiatira is be­kend vir purperslakke wat gebruik is om wol te kleur – wat verklaar waarom sy in purperwol handel gedryf het. Purper is net deur rykes gedra. Lidia was van heidense* afkoms en het ’n groot belangstelling in die Jodedom gehad, maar het nog nie die Joodse* geloof aangeneem nie. Saam met ander vroue het sy die Sabbat* by die rivier gevier omdat die Joodse gemeenskap in Filippi te klein was om ’n sinagoge* te hê. Blykbaar was sy die hoof van haar huisge­sin, want saam met haar is al haar huisge­note gedoop. Sy het haar huis vir Paulus* oopgestel (Hand 16:11-15, 40).

 

Sidebar