LIDMAAT

LIDMAAT. ’n Lid van ’n kerk*. Die gangbare gereformeerde* siening is dat die kind van ouers wat lidmate van die kerk is, as suigeling gedoop* word en dan ’n dooplidmaat* is totdat hy/sy belydenis van geloof* aflê (gewoonlik op 16- of 18-jarige ouderdom). Dan is hy/sy ’n belydende lidmaat van die gemeente* waar hy/sy belydenis van geloof afgelê het. Sy/haar lidmaatskapbewys (attestaat) word daar gehou totdat hy/sy uit die betrokke gemeente vertrek wanneer hy/sy vra dat die lidmaatskapsbewys na die nuwe gemeente oorgeplaas word waarvan hy/sy dan ’n lidmaat word. Van ’n lidmaat wat tot ouderling* of diaken* verkies word, word verwag dat sy/haar attestaat in die betrokke gemeente moet wees.

 

Sidebar