LISTRA

LISTRA was ’n dorpie in Likaonië in die sentraalgedeelte van die suide van Klein-Asië*, omtrent 40 km suid van Ikonium*. Listra was nie op ’n belangrike handels­roete geleë nie. In 25 vC is dit opgeneem in die Romeinse provinsie (Kyk by: Romeinse Ryk) Galasië*. In 6 vC word dit ’n Romein­se kolonie, waarskynlik om as buffer te dien teen moontlike invalle uit die ooste.

Die inwoners het bestaan uit ’n aantal Romeinse oorlogsveterane wat saam met die Grieks-opgeleide minderheid die elite uitgemaak het. Die meerderheid was egter onge­leerde Likaoniërs.

Tydens die eerste sending*reis vlug Barna­bas* en Paulus* vir die Jode* uit Ikonium na Listra. Toe Paulus daar ’n man genees, wil die mense hom en Barnabas onderskeidelik as die go­de Hermes*1 en Zeus* ver­eer (Hand 14:6-20). Dit is moontlik tydens dié sendingreis dat Timoteus* hier bekeer is. Met die tweede sendingreis het hy ’n reisgenoot van Paulus geword (16:1). Paulus het Listra waarskynlik weer tydens die derde sendingreis besoek (18:23).

 

Sidebar