LOCKE, JOHN

LOCKE, JOHN (1632–1704) is onder andere bekend vir sy Essay on Human Understanding (1690). Locke word gewoonlik aangedui as fondamentlêer van die empiriese tradisie in die filosofie. Locke se hantering van geloof* en rede is belangrik. Hy wou aantoon dat die geloof dat Jesus* Christus* die Messias* is, voldoende is vir redding*, indien dit vergesel word met berou. Geloof is geregverdig, aangesien die Here Jesus genoegsame bewys gelewer het van sy Goddelike geloof­waar­digheid. Locke onderskei tussen die aanbod tot geloof voortspruitend uit die rede en die aanbod voortspruitend uit openba­ring. Hy het daarna gestreef om twee dinge te vermy: die ekstreme om alles te verwerp wat “bo die rede” is, en ook om te ontken dat die rede enige rol te speel het in religieuse kennis. Hy word soms as “konserwatief” en ander kere as “radikaal” beskou ten opsigte van sy godsdienstige oortui­gings – of soms as ’n mengsel van beide. Hy het onder andere as politieke sekretaris en mediese adviseur gewerk vir die Graaf van Shaftesbury en het as gevolg daarvan ’n balling in Nederland sowel as in sy ge­boorteland, Engeland, geword.

Vir verdere lees: Stephan Williams 2000. “Locke, John” in: Trevor A Hart (red), The Dictionary of Historical Theology. Grand Rapids: Eerdmans.

Sidebar