LODEWYK XIV VAN FRANKRYK

LODEWYK XIV VAN FRANKRYK (1638–1715) volg in 1643 sy pa op as koning, aanvanklik nog onder die regentskap van sy ma, maar sedert 1661 as koning in eie reg. Gedurende sy kinderjare is hy sterk beïnvloed deur Mazarin, veral met be­trekking tot die idee van absolute ko­ning­skap. Gedurende sy regering beleef Frank­ryk ’n sg “goue eeu”. Hy laat die glansryke Versailles bou wat ’n sentrum van kuns en kultuur word, terwyl hyself be­kend staan as “le roi Soleil” (die Son­koning). Hy ag kerklike eenheid as onmisbaar vir die eenheid van Frankryk en met die spreuk “een koning, een wet, een geloof” wil hy die Protestante* in Frankryk dwing om na die Katolieke Kerk* terug te keer. Aanvanklik word ’n geldelike belo­ning vir terugkerendes aangebied, maar ná 1680 word die maatreëls al hoe strenger en wreder totdat die Edik van Nantes* in 1685 herroep word en die Hugenote* al hulle regte in Frankryk verloor. ’n Groot aantal vlug uit hulle vaderland. Lodewyk was ’n groot voorstander van ’n meer Galliese karakter vir die Katolieke Kerk. In sy sterfjaar word ’n eerste gereformeerde* sinode*sitting weer in Frankryk gehou – weliswaar onder groot geheimhouding.

Vir verdere lees: P Coertzen 1988. Die Hu­ge­note van Suid-Afrika 1688–1988. Kaap­stad: Tafelberg. H Smitskamp 1959. “Lode­wyk XIV” in: FW Grosheide en GP van Itter­zon, Christelijke Encyclopedie, deel 4. Kam­pen: Kok.

Sidebar