LOON

LOON is die kompensasie wat persone ontvang in ruil vir arbeid wat deur hulle verrig word. Teenoor die neiging in die vryemarkstelsel om loon te koppel aan die markkragte van vraag en aanbod, is daar in die Christelike* etiek* ’n aandrang dat loon aan een of ander maatstaf van billikheid gekoppel word. Billikheid sou aan die een kant beteken dat die intrinsieke waarde van ’n persoon se arbeid bereken word, en aan die ander kant dat die basiese lewensbehoeftes van die indiwidu in ag geneem word. In die Westerse wêreld is daar ’n tendens om by die berekening van billike loon die veertiguurwerkweek as uitgangspunt te neem en dan te veronderstel dat die loon wat ’n persoon ontvang, hom of haar in staat moet stel om voorsiening te maak vir basiese behuising, kos, vervoerkoste, ge­sond­heidsorg en ontspanning.

Sidebar