LOURENS, MARIUS

LOURENS, MARIUS (1956–), ’n Robert­sonner, het die eerste keer met die formele kunswêreld in aanraking gekom toe hy begin het om kuns aan die Kaapstadse Tech­nikon te studeer. In 1977 is die Nasio­nale Diploma in Grafiese Ont­werp met on­der­skeiding aan hom toege­ken. Hy het ook die Hoër Diploma met onderskeiding ver­werf. Hierna skryf hy by die Universiteit van Stellenbosch in vir die teologiese kursus, wat hy aan die einde van 1986 voltooi het. Sedert 1987 dien hy as predikant van die NG Gemeente Vansta­den­srivier.

Sy skilderye is opgeneem in agt openbare versamelings, verskeie korporatiewe ge­boue, kerke, skole en etlike private versa­me­­lings in Suid-Afrika en oorsee.

Lourens sien sy grootste roeping om te help dat die beeldende kuns weer ’n regmatige plek in gereformeerde* kerke sal inneem: “Die beeldende kuns hoort tuis in die kerk en in die kerkgebou, maar veral ook in die erediens* en die prediking*. Kuns – musiek, drama, beeldende kuns – is ’n genadegawe wat God aan die gelowige gegee het om ’n atmosfeer te skep waar­binne God se teenwoordigheid ervaar, be­leef en gekommunikeer kan word. Sodoen­de word daar ook aan die behoeftes van die regterbrein-lidmate voldoen.”

 

Sidebar