LOUW, GERRIT STEFANUS (STEFAN)

LOUW, GERRIT STEFANUS (STEFAN) (1972–2006) het op Stellenbosch studeer en meestersgrade in filosofie en teologie* verwerf. Hy het in Durbanville (Sonstraal) en die Melville-Kruisgemeente in Johannesburg gewerk en mense in die kerk gekry wat nie noodwendig na die NG Kerk* wou kom nie. Hy was ’n skrywer van talryke artikels in dag- en kerkblaaie waarin hy sy vermoë getoon het om die moderne samelewing binne Bybelse* konteks te verstaan. Hy was bekend as ’n predi­kant met ’n deernis vir homoseksuele* mense en ’n buitengewone sin vir geregtig­heid*. Louw is op 15 September 2006 in sy huis in Mellville, Johannesburg. vermoor – ’n gebeurtenis wat die aandag skerp op die misdaadsituasie in Suid-Afrika gevestig het. Louw het as medewerker verskeie bydraes vir die Christelike Kernensiklopedie geskryf.

 

Sidebar