MAGLON

MAGLON is die seun van Naomi* en haar man Elimelek*, wat in die land Moab* ge­woon het vanweë ’n hongersnood in Is­rael*. Maglon en sy broer Giljon* was ge­troud met twee Moabitiese vroue, Orpa* en Rut*. Maglon, Giljon en hulle pa sterf en laat hulle ma, Naomi, en haar twee Moa­bitiese skoondogters, Orpa en Rut, sonder heenkome – sonder ’n man of ’n seun om vir hulle te sorg.

Sidebar