MAGOG EN GOG

MAGOG EN GOG. Gog, ’n noordelike vyan­dige gebiedsleier van Israel* (Eseg 38–39), se gebied of volk was die Magog, moontlike nasate van Jafet* (Gen 10:2; 1 Kron 1:5). Die heerser en land is vandag onbekend en kon ’n versamelterm gewees het. Openbaring* 20 sluit by Esegiël* aan en beskryf die finale aanslag van die Bose* teen God se koninkryk* en dat God hulle vernietig. (Kyk ook: Gog en Magog.)

Sidebar