MALGUS

MALGUS se naam, van die Hebreeus* afgelei, beteken “koning”. Joh 18:10-11 beskryf hoe Simon Petrus* die regteroor van Malgus, die hoëpriester* se slaaf*, afge­kap het in ’n poging om Jesus* te beskerm toe soldate en wagte Hom gevange wou neem. Malgus was waarskynlik deel van die arrestasiespan. Jesus het Petrus bestraf en Malgus dadelik genees (Luk 22:51).

 

Sidebar