MARKUS, JOHANNES

MARKUS, JOHANNES. “Johannes” is ’n algemene Joodse* naam. Twee keer is in Handelinge* sprake van “Johannes wat ook Markus genoem is” (12:12, 25; 15:37), moontlik om verwarring met Johannes*2, seun van Sebedeus*, te voorkom. Twee keer word hy net “Johannes” genoem (Hand 13:5,13) en een keer net “Markus” (15:39), ’n naam wat net in Handelinge en die brie­we* voorkom en ’n algemene Latynse naam (“groot hamer”) was.

Dit is onseker of alle verwysings na Mar­kus dieselfde persoon bedoel. Christene* vergader in Jerusalem* in Markus se ma se huis om te bid (Hand 12:12), en ná Petrus* se bevryding uit die tronk, gaan hy soontoe (Hand 12:12). Dit is onseker of die instelling van die Laaste Avondmaal* en die gebeure van Pinkster* daar plaasgevind het. Daar is nie bewyse om die “jongman” van Mark 14:51-52 met Markus te identifiseer nie.

Markus, Barnabas* se neef (Kol 4:10), ver­ge­sel Paulus* en Barnabas na Antiogië* (Hand 12:25) en daarvandaan verder op hulle eerste reis tot by Perge waar hy om­draai (13:13). Later gaan Markus saam met Barnabas na Siprus* toe (Hand 15:39). Hy is by Paulus in die tronk (Kol 4:10; vgl Filem 24). Hy is ook in Rome* (Babilon) by Petrus (1 Pet 5:13), en dit is waar Petrus volgens kerklike tradisie die Markus-Evangelie* geskryf het.

Vir verdere lees: AC Myers 1987. The Eerdmans Bible Dictionary. Grand Rapids: Eerdmans.

Sidebar