MARTA/MARTHA

MARTA/MARTHA was die suster van Maria*5 en Lasarus*2 van Betanië*. Sy was waarskynlik die oudste en dus verantwoordelik vir die goeie verloop van die huishouding (Luk 10:38). Toe Maria haar nie met haar praktiese take help nie, kla Marta daaroor. Volgens Jesus* kies Maria egter die beste deel, wat nie van haar weggeneem sal word nie (Luk 10:38-42). In die lig van Jesus se naderende einde, stel Maria haar prioriteite dus beter. Joh 11:5 lui: “Jesus het vir Marta, en haar suster en Lasarus liefgehad.” Hier­die volgorde suggereer dat Hy die susters meer liefgehad het as die broer. Marta glo in Jesus, terwyl Maria nog twyfel (Joh 11:27, 32). Tydens die feesmaal (Joh 12:1-8) bedien Marta Jesus, en droog Maria soos ’n die­nares* Jesus se voete met haar hare af. Dit is meteens ’n profetiese handeling waarmee sy Jesus se dood en opstanding* aankon­dig.

Sidebar