MARTELING

MARTELING word in so te sê al die lan­de van die wêreld deur wetgewing verbied. Tog kom dit oraloor voor en is daar mense wat beweer dat dit selfs aan die toeneem is. In 2015 was daar skokkende bewerings oor Amerikaanse marteling van politieke gevangenes buite die VSA, terwyl terroriste-groepe soos die sg Islamitiese Staat (IS) berug geword het vir hulle hantering van hulle “gevangenes”. In heelwat lande, soos ook in ons eie land se geskiedenis, is/was marteling ’n standaard-manier waarop ideologiese en politieke opponente geïntimideer is. Tog is daar leidende teoretici van guerrilla-oorlogvoering wat meen dis in elk geval kontraproduktief.

Marteling mag nooit ’n middel wees om ’n doel mee te heilig nie. Dit is onmenslik, tas die slagoffer se mens-wees ten diepste aan en ontmenslik die toedieners daarvan.

Vir verdere lees: PB Clarke en A Linzey 1996. Dictionary of Ethics, Theology and Society. Londen/New York: Routledge.

Sidebar