MEFIBOSET

MEFIBOSET beteken “uitdrukking van skaamte”. Die Bybel* maak melding van twee persone met hierdie naam.

  1. ‑Die seun van Saul* by sy byvrou Rispa, dogter van Aja (2 Sam 21:8).
  2. ‑Die kleinseun van Saul en seun van Jonatan*. Hy was 5 jaar oud toe Saul en Jonatan dood gevind is op Gilboaberg. Die nuus van die dood het veroorsaak dat die vrou wat hom versorg het, hom opgetel en gevlug het, maar in haar haas het hy geval en so kreupel geword (2 Sam 4:4). Dawid sou hom later oor Mefiboset ontferm en hom versorg (2 Sam 9).
Sidebar