MARY TUDOR (“BLOODY MARY”)

MARY TUDOR (“BLOODY MARY”) (1516–1558) was die dogter van koning Henry VIII* en die Spaanse prinses, Katari­na van Aragon. Katarina was eers met Hen­ry se broer getroud, daarom is Mary as ’n buite-egtelike kind beskou. Henry is daarna met Anne Boleyn getroud. Sy het Mary toegang tot haar ouers verbied en in die pro­ses is Mary ook van haar koninklike titel gestroop. Henry is ’n derde keer getroud, hierdie keer met Jane Seymour. Henry het die Church of England* (Anglikaanse Kerk) gestig en daardeur van Rome weggebreek. In 1544 is sy weer tot die hof toegelaat en was nou tweede in die ry van troonopvolgers, net ná haar halfbroer, Edward, seun van Henry en Jane.

Edward regeer van 1547–1553. Ná sy af­ster­we is sy ma slegs nege dae lank konin­gin. Mary is egter as die regmatige troon­opvolger beskou. Sy word in 1553 op 37-jarige ouderdom koningin van Engeland.

Dit was Mary se passie om die Engelse kerk weer onder heerskappy van die pous* te bring. Sy trou onder andere met prins Philip II van Spanje om hierdie ideaal te bereik. Die eens hartlike prinses word nou “Bloody Mary” genoem. ’n Driejarige slag­ting volg waartydens Mary tot 300 mense laat verbrand. Onder haar heerskappy word die kerkhervorming* wat deur Edward teweeg gebring is, ongedaan gemaak. Sy verloor ook die laaste kontinentale gebied, Calais, in ’n oorlog teen Frankryk. Sy sterf uiteindelik kinderloos.

Vir verdere lees: GR Elton 1962. The Tudor Constitution. Documents and Com­men­tary. Cambridge: University Press.

 

Sidebar