MASEMOLA, MANCHE

MASEMOLA, MANCHE (1913–1928) is naby Pietersburg (tans Polokwane) in ’n Pedi-gesin gebore. Sy het nie skoolopleiding gehad nie. In 1919 het ’n Anglikaanse* monnik*, vader Augustine Moeka, ’n sending*­stasie in daardie omgewing geopen. Mase­mola en haar niggie, Lucia, het graag die dienste en later ook doop*klasse bygewoon. Dit het groot onmin by die huis veroorsaak. Sy is deur haar ouers geslaan in ’n poging om haar van die kerk weg te hou. Dit het haar net meer vasbeslote ge­maak. Op 4 Februarie 1928 het haar ouers haar na ’n afgesonderde plek geneem en haar daar doodgemaak en onder ’n gra­nietrots begrawe. Masemola het in haar lewe gesê dat sy nog in haar eie bloed ge­doop sal word. Veertig jaar nadat Masemola doodgemaak is, het haar ma tot bekering* ge­kom en is sy gedoop.

’n Standbeeld van Masemola, die 16-jari­ge martelaar wat deur haar ouers doodgemaak is omdat sy geweier het om van die doopklasse weg te bly, is in die Westminis­ter Abdy in Londen opgeneem saam met ander 20ste eeuse martelaars soos Martin Luther King jr* en Dietrich Bonhoeffer*.

 

Sidebar