MASHAU, THIANDAVHA DERRICK (DERRICK)

MASHAU, THIANDAVHA DERRICK (DERRICK) (1970–) is die eerste swart professor aan die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA)* se Teologiese Skool op Potchefstroom en hoof van die vakgroep sendingwetenskap*.

Mashau het al sy grade op Potchefstroom verwerf: BA en MA (dogmatologie*) aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys*, en die PhD (sendingwetenskap) en MA (ontwikkeling en bestuur) aan die Noordwes-Universiteit. Hy begin sy loopbaan in 1988 as ’n tydelike onderwyser. In 1998 word hy leraar op De Hoop, in 2001 dosent aan die PU vir CHO en twee jaar la­ter professor aan die Teologiese Skool, Pot­chef­stroom.

Mashau fokus op temas wat verband hou met die sendingtaak van die kerk in Afrika*, bv die kerk as agent van verandering, die rol van voorvadergeeste, sen­ding aan die Islam*, okkultisme (okkulte: verborge, geheim, bowe-natuurlik) en die verhouding tussen gereformeerde* en cha­rismatiese* teologie*. In 2006 het sy werk Towards a Strategy for Poverty Alleviation ver­skyn. Hy het praktiese gestalte aan sy ge­loof gegee deur onder meer die Theo­centric Christian College en ’n dagsorgsentrum in Hlanganani te stig.

 

Sidebar