MEGIDDO

MEGIDDO was een van die belangrikste Kanaänitiese* stede tot aan die einde van die Laat-Bronstydperk (1130 vC). Talle oorloë is deur die eeue naby Megiddo geveg, weens die landskap en die strategiese ligging bo-aan die Arapas wat die kusvlakte met die Jisreëlvallei* verbind. In die ko­nings­tyd van Israel* word Megiddo saam met Geser en Hasor* genoem as stede wat deur Salomo* versterk is. In onlangse opgrawings is vasgestel dat van die grootste bouwerke in die tyd van koning Agab* van Israel gedoen is. “Armageddon*”, waar die finale apokaliptiese* veldslag sal plaasvind, is ’n vervorming van “Har Megiddo” (Berg Megiddo*).

Vir verdere lees: E Stern (red) 1993. The New Encyclopedia of Archaeological Exca­vations in the Holy Land. Volume 1. Jerusalem: The Israel Exploration Society & Carta.

Sidebar