MEGILLOT

MEGILLOT is die Hebreeuse* woord wat gebruik word om na vyf boeke wat in die Hebreeuse Ou Testament saamgegroepeer word, te verwys, naamlik Hooglied*, Rut*, Klaagliedere*, Prediker* en Ester*. Die Jode* verwys daarna as “Die Feesrolle”, om­dat dit tot vandag toe op vyf Joodse feeste voorgelees word: Hooglied by die Pasga* om God se liefde vir Israel* te herdenk, Rut by Pinkster*, Klaagliedere op die negende dag van die maand Ab*, die fees van die tempelwyding om die verwoesting van die tempel in 586 vC te herdenk, Prediker by die Loofhuttefees*, en Ester by die Purim­fees*. Dit word ook “Die Geskrifte” genoem.

 

Sidebar