MELGISEDEK

MELGISEDEK beteken “koning van ge­regtigheid*” (Heb 7:2). Hy was koning van Salem en priester* van God, wat Abraham* geseën het en ’n tiende van Abraham ontvang het ná Abraham se oorwinning oor koning Kedorlaomer* en sy bondgenote (Gen 14:17-20). “Melgisedek” blyk ’n koninklike Kanaänitiese benaming te wees. Dit is byna dieselfde soos “Adoni-Sedek” (Jos 10:1), ’n later koning van Jerusalem* wat Josua* verslaan het. Die skrywer van Hebreërs* praat van die uitnemendheid van Melgise­dek se priesterskap bo dié van Aäron* (Heb 7). Hy gaan voort om te sê dat Christus* priester vir ewig is volgens die priesterorde van Melgisedek (Heb 7:17).

Sidebar