MELITO, BISKOP VAN SARDIS

MELITO, BISKOP VAN SARDIS (?–circa 180) het die eerste Christelike kanon* van die Ou Testament* opgestel. Sy lys van Ou-Testamentiese Bybel*boeke is, afgesien van Ester*, presies dieselfde as wat in die 1983-Afrikaanse Vertaling voorkom. Sy kanon sluit ook nie die apokriewe* boeke of die pseudepigrafiese* boeke in nie. Melito was self ’n produktiewe skrywer, alhoewel slegs fragmente van sy skryfwerk behoue gebly het. Hieronumus* en Eusebius* het groot agting vir hom gehad. In 1930 is sy Preek tydens die Paasfees opgegrawe. Daaruit blyk dat hy die Paasfees op 14 Nisan* gevier het en nie op die Sondag nie. Hierdie preek, veral as ’n mens dit buite konteks lees, is op die oog af antisemities* en was die bron van heelwat kontroversie. Hy het ook duidelik die premillennialisme* voor­gestaan.

Sidebar