METODISTEKERK VAN SUID-AFRIKA

METODISTEKERK VAN SUID-AFRIKA het ’n lang en invloedryke rol sedert die vroeë Britse vestigings aan die Kaap, veral ná 1806, gespeel. Die kerk het voortgekom uit die nie-biskoplik-georganiseerde Metodiste-tradisie in Engeland wat vandaar wêreldwyd versprei het. Van die grootste en belangrikste vestigings van hierdie tradisie het in Noord-Amerika plaasgevind. Onder hulle belangrikste pioniers in Suid-Afrika tel Barnabas Shaw* in die Wes- en William Shaw* in die Oos-Kaap. Die Metodistekerk in Suidelike Afrika is in ’n verskeidenheid distrikte en streke georganiseer. Dié kerk is baie aktief op die sending*terrein besig, en dwarsoor die land is ’n groot aantal sen­dingstasies gevestig. Hulle was sterk betrokke by onderwys in veral die Oos-Kaap, in die Vrystaat en in die ou Transvaal. Van die swart leiers wat later ’n groot rol in die politiek van Suid-Afrika gespeel het, onder an­dere Nelson Mandela*, het hulle vroeë onderwys by Metodiste-skole ontvang. Die kerk se hoofkantoor is in Johannesburg en hulle maandelikse mondstuk staan bekend as New Dimension. Die Metodistekerk van Suid-Afrika het ’n lidmaattal van ongeveer 2,3 miljoen mense.

 

Sidebar