METTLER, JAN JOHANNES FRE­DERICK

METTLER, JAN JOHANNES FRE­DERICK (1939–) het verskeie gemeentes van die voormalige NG Sendingkerk* (NGSK) bedien en was jare lank sekretaris van die NGSK se Kommissie vir Getuienisaksie. “Oom Jan”, soos hy allerweë bekend was, het in verskeie sinodale kommissies van die NGSK en, ná samesmelting, die Verenigende Geref Kerk in Suider Afrika (VGKSA)* gedien. As afgevaardigde van die sinode* het hy gewaardeerde by­draes gelewer in plaaslike en internasionale ekumeniese* vergaderings. In die apartheids­jare* het hy hom op profetiese wyse beywer vir ’n samelewing van menswaardigheid en geregtigheid*. Sy moedige, positiewe en rig­tinggewende deelname aan eenheidsgesprekke met die NG Kerk* bly een van sy belangrike erflatings. Hy het as mentor vir verskeie jonger leraars opgetreee en is met groot respek in Suid-Afrikaanse kerklike gemeenskappe bejeën.

Sidebar