MIGAEL

MIGAEL. ’n Aartsengel. Sy naam beteken: “Wie is soos God?” In buite-Bybelse boeke word hy as die leier van die aartsengele beskryf wat saam met ander aartsengele (Rafael, Gabriël en Fanuel) as een van die vier (soms sewe) aartsengele diens doen voor God se troon. Migael word slegs enkele kere in die Bybel* genoem. Hy is een van die “vernaamste engele” (Dan 10:13, 21), “die groot engel” wat oor Israel “waghou” (Dan 12:1), en die leier van die engele* wat teen Satan* en sy engele oorlog voer (Op 12:7). Hy het ná Moses* se dood met die duiwel oor Moses se liggaam gestry (Judas vers 9).

Sidebar