MIRJAM

MIRJAM is volgens twee geslagsregisters die suster van Moses* en Aäron* (Num 26:59; 1 Kron 6:3). Hieruit kan afgelei word dat Mirjam die suster was wat Moses opgepas het (Eks 2). Mirjam tree as profetes op wanneer sy vir Israel* voorsing ná af­loop van die oorwinning oor die Egipte­naars (Eks 15:20-21). Later word haar op­stand teen Moses en haar dood beskryf (Num 11; 20:1). Sy is daar in Kades-Barnea* begrawe.

Sidebar