MISPA

MISPA (ook soms Mispe geskryf) beteken “wagtoring” wat daarop dui dat dit in ’n hoogliggende gebied geleë was. ’n Paar plekke met dié naam kom in die Ou Testament* voor. Twee daarvan is redelik bekend:

  1. ‑Mispa in Benjamin* (Jos 18:26), ’n hoë gebied net noord van Jerusalem* en nie ver van Rama* nie. ’n Hele aantal be­kende gebeure het hier afgespeel. Samuel* het bv vir Saul* hier as ko­ning gesalf (1 Sam 10:17).
  2. ‑Mispe in Moab* (1 Sam 22:3), waar Da­wid* skuiling vir sy ouers by die koning van Moab gevra het.
Sidebar