MISPOORT

MISPOORT of Vullispoort lê in die suidooste aan die suidelikste punt van die Dawidstad* (Neh 2:13; 3:14; 12:31). Dit was ’n stadspoort in die tyd van Nehemia* wat moontlik met die Potskerfpoort by die Hinnom* (Jer 19:2) of ’n poort tussen beide mure (2 Kon 25:4) geïdentifiseer kan word. Vullis en afval is moontlik hierdeur na die Hinnomdal geneem.

Sidebar