MISTERIE

MISTERIE dui op iets onbegrypliks waarvoor geen verklaring gevind kan word nie. God is by uitstek dié Misterie omdat wetenskaplike “verklarings” vir God nie moontlik is nie, en God die Gans Andere is wat in werklikheid net geken kan word na die mate dat Hy/Sy Hom/Haar sélf bekend maak, soos by uitstek in Jesus* Christus* gebeur het. Daar is ook ander misteries in die lewe, en wie reken dat álles in hierdie werklikheid en in hierdie bedeling verklaarbaar is, fouteer ernstig: “Nou sien ons wel ’n geheimnisvolle beeld soos in ’n spieël, maar eendag van aangesig tot aangesig” (1 Kor 13:12 – 2014-’n Direkte Vertaling).

 

Sidebar