Modibane, DAVID MOGATLA

Modibane, DAVID MOGATLA (circa 1814–1874) is gebore in die Magaliesberg-distrik van die destydse Wes-Transvaal. Die naam Mogatla, soos hy alom bekend was, kan daarop dui dat hy ’n afstammeling van die baKgatlas was; hy was moontlik van koninklike afkoms.

Modibane was betrokke by ’n aantal denominasies, soos die Lutherane* van die Hermansburg Mission, die Bethany Refor­med Church Mission in Rustenburg, die Methodist Mission in Potchefstroom en Thaba Nchu en die American Board Mis­sion in Mosega. Modibane het die eerste keer in 1836 by Mosega in aanraking gekom met die sendelinge* Daniel Lindley en Hen­ry Venables. Hy het later Thaba Nchu toe gegaan, waar hy hom gevestig en saam met Wesleyaanse Metodiste-sendelinge gewerk het.

Teen ongeveer 1852 het hy teruggekeer Magaliesberg toe, waar hy begin het om die evangelie* onder sy eie mense te verkondig. ’n Paar jaar later is Modibane Port Elizabeth toe, waar hy sy prediking voortgesit het – op straat en in huiskerke. Daar het die Metodiste-sendeling George Blencowe hom ontmoet en ’n toelae van £12 per jaar aan hom toegeken.

Modibane was ’n kragtige en opregte prediker wat gelei het deur ’n voorbeeld te stel. Lank voor sy dood het party van sy bekeerlinge al self sendingwerk onder hulle eie mense begin doen. Hulle het getuig van hulle mentor se suiwerheid, weldadigheid, standvastigheid, ywer en geloof.

Vir verdere lees: JA Milliard, www.dacb. org/stories/southafrica/mogatla_david.html

 

Sidebar