MOFFAT, MARY (NÉE SMITH)

MOFFAT, MARY (NÉE SMITH) (1795–1871) het as enigste dogter op die Dukin­field-plantasie en -kwekery in die Tame­vallei in Skotland grootgeword. Haar ouers was toegewyde Christene. Mary het van jongs af belangstelling in die sending* ge­toon, en dit is verder deur haar onderwysers by die Morawiese* Fairfield-skool versterk. In 1816 het ’n aantreklike nuwe tuinier by die kwekery begin werk wat dadelik haar belangstelling gewek het. Dit was Robert Moffat*. Ten spyte van die teenkanting van haar ouers – hulle het uiteindelik toegegee – is sy in 1819 na Suid-Afrika toe, waar sy en Robert getroud is. Op die sendingveld het sy haar man bygestaan deur skool te hou en as verpleegster op te tree. Sy het nege kinders gehad van wie drie vroeg oorlede is.

Die ou pastorie wat die Moffats in 1828 op Griekwastad gebou het – die eerste gebou op die dorp – is vandag die Mary Moffat-museum. Hulle oudste dogter, Mary, wat later met David Livingstone* getroud is, is in hierdie huis gebore. Die sogenaamde Moffat-kansel word ook hier be­waar.

Sidebar