MOGOBA, MMUTLANYANE STANLEY (STANLEY)

MOGOBA, MMUTLANYANE STANLEY (STANLEY) (1933–) is buite Polokwa­ne gebore en is opgelei as onderwyser. Van 1963–1966 word hy op Robbeneiland aan­gehou oor sy lidmaatskap van Poqo (later Apla), die PAC se militêre vleuel, en hy be­sluit in daardie tyd om predikant* te word in die Metodistekerk*.

Mogoba word president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (1987–1989), en voorsittende biskop van die Metodistekerk van Suid-Afrika (1988–1996). In 1991 word hy kanselier van Medunsa, en in 1996 is hy verkies tot president van die Pan Africanist Congress (PAC). Hy dien tot 2003 as lid van die Parlement. In 1991 was hy adjunkvoorsitter van die Nasionale Vredesverdrag. Hy was ook lid van die sentrale komitee van die Wêreld­raad van Kerke* en die Wêreld-Metodisteraad.

Die Stigting vir Vryheid en Menseregte in Bern, Switserland, vereer Mogoba in 1990 vir sy rol in die skep van ’n atmosfeer van versoening in Suid-Afrika, en hy kry in 1995 die Metodistekerk se vredestoekenning. Mogoba ihet ’n belangrike rol gespeel in die bou van brûe tussen Suid-Afrika se politieke leiers.

Sidebar