MOLEG

MOLEG is ’n Kanaänitiese* en Ammo­nitiese* afgod, ook genoem Molog/Molek. Die naam Moleg hou verband met die woord melek (koning), asook met die afgod Milkom. Moleg word verbind met kinderoffers wat die Kanaäniete (waaronder die Fenisiërs) dikwels gebring het, maar wat in die Bybel* ten sterkste verbied word (Lev 18:21; 20:2-5; Deut 12:31; Ps 106:38). Agas* (2 Kron 28:3) en Manasse* (2 Kron 33:6) het hulle kinders deur die vuur laat gaan vir Moleg.

Sidebar