MONASTISISME

MONASTISISME verwys na die strewe binne die Christelike tradisie na die eenvoudige lewe voor God (monos – een/eenvoudig), soos dit veral uitdrukking vind in ’n lewe van selibaatskap*, onttrekking uit die samelewing en selfoorgawe aan God. Die eerste groot buite-Bybelse verwysing hierna vind ons in die biografie Die lewe van Antonius (356).

Monastisisme beliggaam twee strewes: Kluisenaarstrewes soek na afsondering uit die wêreld met die oog op die beoefening van die kontemplatiewe lewe (’n bewuste en konstante verhouding met God), en ke­no­bitiese strewes soek na die gemeenskaplike Christelike lewe (koinos bios) – vandaar die totstandkoming van kloosters* en ordes*.

Sidebar