MONTANISTE

MONTANISTE. In die proses van die kanon*-vorming het Montanus in 155 nC teen die geslotenheid van die openbaring in opstand gekom. Hy en sy twee vroulike volgelinge, Maksimilla en Priskilla, het daarop aanspraak gemaak dat die Heilige Gees* voortdurend nuwe openbarings maak. Hulle het Joh 14–16 geïnterpreteer as sou húlle die ander trooster wees. Mon­tanus het onder andere voorspel dat die Nuwe Jerusalem gedurende die jaar 177 te Pepuza in Klein-Asië sou neerdaal. Die Vroeë Kerk* het hierdie beweging eventueel ge­­stuit, alhoewel dit ’n groot ondersteuner in Tertullianus* van Kartago gekry het en in ’n mindere mate selfs ook in Irenaeus*. In Frigië* het die sentiment oor Montanus en die ander twee profete kultusstatus aangeneem. Dit is egter ’n oorwaardering om te beweer dat die Montaniste se profesieë die kerk* geforseer het om die kanon as afgesluit te verklaar – daarvoor was die in­terne getuienis van die onderskeie Bybel­*boeke te sterk.

Sidebar