MORALISME

MORALISME. Moraliteit* verwys na die norme waarvolgens mense lewe, en word soms onderskei van etiek* as die eksplisiete nadenke oor moraliteit. Die geloofsgemeenskap in die Ou Testament* was van vroeg af verbind aan ’n spesifieke morele lewenswyse volgens die verskillende wette wat gegeld het. In die Nuwe Testament* word die wet as heilsweg na God opgehef, maar steeds in die vorm van die liefde* as riglyn van dankbaarheid behou. Moralisme word gewoonlik negatief beoordeel as ’n teologie waar die wet sonder die evangelie staan. In die omgangstaal verwys moralisme na vorms van spiritualiteit* waar ge­loof* as die uiterlike nakoming van allerhande reëls beskou word.

Sidebar