MORALITEIT (VERHOUDING TOT DIE REG)

MORALITEIT (VERHOUDING TOT DIE REG). Moraliteit of sedelikheid is dít wat in ’n gemeenskap as geoorloof en behoorlik beskou word (HAT, 2005). Die vraag is of gewoontes, gebruike en gedrag wat in ’n bepaalde groep as goed en normaal beskou word, ook gewettig behoort te word? Daar is dié groepe wat voel dat dit gedoen behoort te word. Dan is daar ’n meer liberale denkrigting wat meen dat moraliteit nie gewettig behoort te word nie – nie moreel “regte” of “verkeerde” ge­drag nie, behalwe as dit as skadelik of na­de­lig vir die mens of die omgewing bewys kan word wanneer dit wel “onwettig” moet wees. Uiteraard is daar heelwat verskille oor die verstaan van wat skadelik of nadelig is. Skade word gewoonlik in terme van die fisieke, sielkundige, emosionele en gods­dienstige bereken.

Sidebar