MORAWIESE KERK IN SUID-AFRIKA

MORAWIESE KERK IN SUID-AFRIKA voer sy ontstaan in Suid-Afrika terug na die koms van Georg Schmidt* in 1737. Dit kan as die tweede oudste kerk in die land beskou word. Die aanvanklike werk word na ’n lang onderbreking in 1792 op Gena­dendal* voortgesit en brei spoedig uit na die Boland (Mamre) en die Oos-Kaap. Van­dag bestaan die Morawiese Kerk uit sowat 100 000 lidmate in 84 gemeentes. Hulle pre­dikante word in Heideveld, Kaap, opgelei. Werk onder gestremdes kry baie aandag en daar bestaan etlike inrigtings vir gestrem­des. Hoewel relatief klein, speel dié kerk ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekumene*. (Kyk ook: Morawiese Broederge­meente, en: Tikkuie, Vehettge.)

Vir verdere lees: B Krüger 1966. The Pear Tree Blossoms. Genadendal: Moravian Book Depot.

Sidebar