MORELE EVIDENSIE

MORELE EVIDENSIE is die etiese leerstelling dat sekere morele riglyne vanselfsprekend is vir die gesonde verstand. Hier­vol­gens weet ons intuïtief, sonder om daar­oor na te dink, dat ons ander behoort te help, regverdig moet optree, ander nie skade berokken nie, die waarheid moet vertel, beloftes moet hou, ens. Volgens Thomas Reid (1710–1796), stigter van die Skotse “common sense”-skool, is gesonde ver­stand al wat ons nodig het om mora­li­teit te verklaar en te verdedig teen teore­tiese skeptisisme en vereenvoudigings. Jeremy Bentham (1748–1832) en JS Mill (1806–1873) argumenteer dat utilitarisme* ’n veel beter teoretiese grondslag bied vir die morele oortuigings van die gesonde verstand.

Vir verdere lees: JB Schneewind 1991. “Modern Moral Philosophy” in: Peter Singer (red), A Companion to Ethics. Oxford: Blackwell Publishers.

Sidebar