MOUTON, ALETTA ELIZABETH JO­HANNA (ELNA)

MOUTON, ALETTA ELIZABETH JO­HANNA (ELNA) (1952–) is die eerste vrou wat dekaan van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Stellen­bosch geword het en dien in hierdie hoedanigheid met die Fakulteit se viering van sy 150ste bestaansjaar. Sy behaal BA op Stelle­n­bosch; Diploma in Maatskaplike Werk aan die Hugenote-Kollege te Wellington; MA aan die Universiteit van Port Elizabeth, en DTh aan die Universiteit van Wes-Kaapland onder leiding van prof DJ Smit in 1998. Haar proefskrif is gepubliseer as Reading a New Testament Document Ethically (2002).

Mouton het haar loopbaan as maatskaplike werker van die NG Kerk* in Canzibe-gemeente in die Transkei in 1978 begin. Sy doseer Bybelkunde aan die Universiteit van Port Elizabeth (nou die Nelson Mandela-universiteit) vanaf 1990 en word daar hoogleraar in 2000. In Port Elizabeth is sy ook betrokke by die opleiding van ’n multikulturele en interdenominasionele groep van 150 vrywillige werkers in die Hospitaal- en Industriële Bediening.  In Julie 2000 word sy aangestel as mede-professor in Nuwe Testament* aan die Teologiese Fakulteit, Universiteit van Stellenbosch.  Sy was die mederedakteur van “Living with Dignity: African Perspectives on Gender Equality” wat in 2016 bekroon is met die Andrew Murray-Desmond Tutuprys*. Hierdie boek is deur die beoordelaars beskou as ‘n unieke bydrae “to shape thinking on issues of gender, human dignity and the African context for years to come.”

Sidebar