MULLER, PETRUS JOHANNES (PIET)

MULLER, PETRUS JOHANNES (PIET) (1936–). Ná ’n loopbaan as uitgewer en joernalis, onder meer in die hoofredaksie van die Sondagblad Rapport, begin Muller met ’n loopbaan as toekomskundige waar hy hom onder meer interesseer in godsdienskwessies. ’n Artikel van hom in die dagblad Beeld oor ’n radikale nuwe hervorming op godsdienstige terrein en ’n herinterpretasie van die Christelike geloof, ontlok skerp reaksie van, onder meer, Murray Janson*, en ontketen ’n onstuimige kerklike debat oor ’n rigting wat mettertyd bekend word as “die Nuwe Hervorming”*. Muller is ook redakteur van ’n boek met dié titel. Hy skryf twee boeke oor meditasie en dink na oor spiritualiteit* en ouderdom.

 

Sidebar