MURATORIESE KANON

MURATORIESE KANON. Dit is ’n be­langrike kodeks wat die oudste bekende lys bevat van boeke van die Nuwe Testament* wat deur die kerk* as kanon* (gesagheb­bend) aanvaar is in die tye waarin dit geskryf is. Dit is vernoem na ’n sekere kardinaal Muratori wat dit in 1740 in die Ambrosiaanse biblioteek in Milaan ontdek het. Dit is onseker hoe oud dit is en wanneer dit gedateer moet word, moontlik tussen 200 en 400 nC. Ons leer uit hierdie kodeks dat daar reeds baie vroeg in Italië ’n Nuwe Testament as bundel bestaan het en watter boeke as deel daarvan gereken is. (Hebreërs*, Jakobus* en 1 en 2 Petrus* is nie in die Muratoriese kanon opgeneem nie.)

 

Sidebar