MWALE, JUSTO

MWALE, JUSTO (-1955) van die Refor­med Church in Zambia was die eerste Zambiër in die land om tot die bediening toegelaat te word. As jongman kom hy onder bearbeiding van NG sendelinge tot bekering*, word later onderwyser en evangelis. Hy word die eerste om gekies te word om verdere opleiding as predikant* op Nkhoma in Malawi te ontvang. Op 29 September 1929 word hy as leraar* in sy tuisgemeente Madzimoyo in Noordoos-Zam­bië georden*. Hy was ín merkwaardige werker van die Here* en speel ín leidende rol in die ontwikkeling van die Reformed Church in Zambia. Op eie versoek studeer hy later vir drie jaar verder aan die Stofberg-Teologiese Skool in Suid-Afrika. Hy dien in ín groot aantal gemeentes, waarvan die laaste twaalf jaar van sy lewe te Ndola in die Zambiese Koperstreek. So groot was die agting van sy kerk vir hom, dat toe die kerk se nuwe teologiese skool in Lusaka in 1975 in gebruik geneem word, dit summier na hom vernoem is: die Justo Mwale Theological College. Van sy preke is in twee preekbundels gepubliseer, die laaste met die veelseggende titel: ’n Geskenk vir dié wat agterbly.

Vir verdere lees: JM Cronje 1981. Aan God die dank: Geskiedenis van die sending van die Ned Geref Kerk, Deel 2. Pretoria: NGKB. G Verstraelen-Gilhuis 1982. From Dutch Mission Church to Reformed Church in Zambia. Franeker: T Wever.

Sidebar