NAAKTHEID (IN KUNS, MEDIA).

NAAKTHEID (IN KUNS, MEDIA). Die eerste verwysing in die Bybel* na naakt­heid, dui op die goedheid daarvan (Gen 2:25). Sonde* het egter die man en vrou ongemaklik laat raak met mekaar se naakt­heid. Naaktheid as sodanig is eintlik a-moreel. Die konteks bepaal of dit goed of sleg is. Van die grootste kunswerke van alle tye is naakfigure, soos Michelangelo* se Dawid. Naaktheid in die kuns of media wat seksuele stimulasie as bedoeling het, is egter baie problematies.

Vir verdere lees: DJ Atkinson en DH Field 1995. New Dictionary of Christian Ethics and Pastoral Theology. Leicester: IVP.

 

Sidebar