NAAMAN

NAAMAN was die bevelvoerder van die leër van Ben-Hadad*, die koning van Da­mas­kus* (2 Kon 5). Hy het melaats geword. Op advies van ’n jong Israelitiese slavin het hy na die profeet Elisa* gegaan. Hy moes hom sewe keer in die Jordaan* was. Aan­vanklik wou hy nie, maar toe hy dit doen, het hy gesond geword. Elisa wou geen belo­ning hê nie, maar sy kneg Gehasi* het met bedrog silwer en klere by Naäman gekry, waarvoor hy self met melaatsheid gestraf is. Naäman het grond uit Israel* geneem om daarop vir die Here* te offer, sonder om met die diens van die Aramese god Rimmon op te hou.

Sidebar