NAASTELIEFDE

NAASTELIEFDE. Jesus* som die wet* van God in twee gebooie (Kyk by: Gebod) op: liefde* tot God en liefde tot die naaste*. Liefde tot die naaste is reeds ’n vereiste in die Ou Testament*, maar daar is “jou naaste” nog jou eie mense (Lev 19:18). Die algemene interpretasie onder die Jode was: “Jy moet jou naaste (eie mense) liefhê, maar jou vyand moet jy haat.” Jesus verander dit radikaal: “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê” (Matt 5:43-44). Die rede? Dan sal ons kinders wees van ons Vader* wat sy vyande so liefhet dat Hy sy Seun* gegee het om hulle sy vriende te maak (Rom 5:10).

Sidebar