NATAN

NATAN beteken “geskenk” of “hy het gegee”. Die Ou Testament* meld die volgende persone met hierdie naam:

  1. ‑Die bekendste was die profeet wat opgetree het in die periode van Dawid* en Salomo*. Hy was veral prominent in die verhale in 2 Sam 7; 12 en 1 Kon 1. Hy is die persoon wat vir Dawid sy sonde met Batseba* uitgewys het.
  2. ‑’n Seun van Dawid*, gebore in Jeru­salem* (2 Sam 5:14).
  3. ‑Natan van Soboa wat die pa was van Jigal, een van Dawid se dapper manne (2 Sam 23:36).
  4. ‑Die seun van Attai en die pa van Sabad (1 Kron 2:36).
  5. ‑Een van ’n groep wat na Jerusalem* terug­gekeer het saam met Esra* (Esra 8:16).

 

Sidebar