NATANAEL

NATANAEL word slegs in Joh 1:45, 46-49 en 21:2 genoem en die naam beteken “gawe van God”. Uit genoemde tekste lyk dit asof hy een van die twaalf was, maar in Matt 10:2-4; Mark 3:16-18 en Luk 6:14-16 se lyste ontbreek sy naam. Baie meen hy is die­selfde persoon wat deur die Sinop­tiese* Evangelies Bartolomeus* genoem word. Hy was van Kana in Galilea* en skepties dat die Messias* uit Nasaret* kan kom. Hy word deur Filippus* na Jesus* gebring en is verstom om te ontdek dat Jesus alles van hom weet en hom ’n Israeliet sonder bedrog noem. Dit verander sy siening en hy bely dat Jesus Seun* van God en Koning* van Israel* is.

Sidebar